(Eric Kayayan)
Heb. 11:1-21; 39-40; 12:1-2.
TEMA:
DIE VERBOND
Inleiding
Die geboorte van ‘n kind, broers en susters,
Die skrywer van die brief aan die Hebreërs praat ook met ons
in hoofstuk 11 van geslagte wat op mekaar volg:
Abel, Henoch, Noag, Abraham en Sara, Isak, Jakob en nog veel meer.
Maar, soos u opgemerk het, word almal
wat in hierdie hoofstuk genoem is, deur een gesamentlike kenmerk beskryf:
“Deur die geloof”, soos die Ou Vertaling dit sê; “omdat
hulle geglo het”.
So het onder andere Abraham uit sy land weggetrek.
Was dit omdat hy aan iets wou ontsnap het?
Het die wêreld van Haran, daar in die Noord van Mesopotamië, waar hy
saam met sy vader en sy twee ander broers omtrent vier duisend jaar gelede gebly
het, vir hom soos ‘n tronk geword weëns oorbevolking, politiese onderdrukking
of armoede? Hulle het reeds tevore
uit
1.
Watter soort vaderland is die
Verbond?
Ons moet tog vir onsself afvra:
watter soort vaderland is die Verbond?
Hoe lyk hierdie ruimte, waarin Abraham tuis gevoel het, in vergelyking
met dit wat ‘n mens gewoonlik as jou vaderland beskou?
1.2
Die Verbond eis van jou om weg te trek.
Die eerste kenmerk van die Verbond as vaderland, is dat dit
van jou vra om weg te trek, omdat God, wat die Verbond instel, jou daartoe roep.
Luister hoe God in Genesis hoofstuk 12, vir Abraham geroep het en hom
gevra het om te trek: “Die
Here het vir Abram gesê: “trek
uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir
jou sal aanwys. Ek sal jou ‘n
groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak, en
jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal
seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.
In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” Dus
om aan God gehoor te gee en in die ruimte van Sy Verbond te gaan bly, beteken
‘n skuif of verplasing. Jy word
deur God afgesonder, en moet duidelik ‘n nuwe pad loop.
Moenie dink, gemeente van ons Here Jesus-Christus, dat in die Nuwe
Testament, in die nuwe Verbond, dinge anders is nie.
Luister eerder na die woorde van Jesus in Lukas 14, vers 25 na 27:
“’n Groot menigte het saam
met Jesus gereis. Hy draai toe om en
sê vir hulle: “As iemand na My
toe kom,
1.2
Die Verbond gaan gepaard met seëninge, waarvan die doop ‘n sigbare
teken is.
Die tweede kenmerk van die Verbond as vaderland van die
gelowiges, is dat dit met seëninge
gepaard gaan. Seëninge vir Abraham
self, maar seëninge ook vir sy nageslag, en vir almal wat hom sal seën.
Daar lê die uitdrukking self van God se Genade, wie se Verbond met ons
‘n Verbond van Genade is. God seën
almal wat Hy roep om in die nuwe vaderland te gaan bly.
En dan word vir ons hierdie vaderland letterlik: die
land van die Vader,
‘n land wat deur die Vader so geseën is, dat wie sou dit ooit waag om daarna
nog enige ander land vaderland
te noem? Die skrywer van die brief
aan die Hebreërs stel dit baie duidelik in vers 13 tot 16 van hoofstuk 11.
Kom ons lees vers 15 en 16 weer: “As
hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle
die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan.
Maar hulle het na ‘n beter vaderland, dit is, die hemelse, verlang.”
Daar was by
Abraham, of Isak, of Jakob, geen nostalgie vir ‘n aardse vaderland nie.
Die Verbond met God, saam met sy eise, beloftes en seëninge, het vir
hulle bepaal waarna hulle moes strewe. Al
het hulle onder tente gewoon, en nog nie fisies ‘n vaste plek gehad om in te
vertoef nie, het hulle na ‘n beter vaderland, dit is, die hemelse, verlang.
En in die seëninge wat God op hulle laat neerdaal het, het hulle die
vaste teken van hierdie vaderland gesien.
Maar God, die Vader van die Vaderland, word nie net ‘n
Vader vir jou nie; in die Verbond word hy ook
die Vader van jou eie kinders, en dit is een van die grootste seëninge
wat gelowiges ontvang. Daarom lees
ons in vers 9 dat Isak en Jakob saam met Abraham ook erfgename van dieselfde
belofte was, dit wil sê, hulle is saam met hom geseën.
U sien, in die Verbond, word die band tussen die geslagtes op die mooiste
manier herstel. Daar is nie meer
sprake van ‘n vryheid wat verkry word ten koste van een geslag nie.
Inteendeel, net soos God sy kinders seën, kan nou op dieselfde grond die
ouer geslag van gelowiges die jonger een seën, soos ons dit in vers 20 en 21
lees: “Omdat
Isak geglo het, het hy Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.
Omdat Jakob geglo het, het hy op sy sterfbed albei die seuns van Josef
geseën en tot God gebid terwyl hy op die knop van sy kierie leun.”
In die
Vaderland van die Vader, verheug die ouer geslag om ‘n nuwe geslag van
gelowiges te sien groei, jong kinders wat saam met die ouer kinders van God, ook
erfgename is van dieselfde beloftes. Die
jong geslag van gelowiges probeer nie om die plek van die ouer een in te neem
nie, deur om hulle te ignoreer, of van hulle te vergeet nie.
Inteendeel betoon die jong geslag eerbied vir die ouer geslag en volhard
in dieselfde pad as die ware gelowiges van die verlede.
Dus word daar in Hebreërs oor die vorige geslagte van gelowiges as
voorbeelde gepraat. Kom ons lees
weer vers 1 en 2 van hoofstuk 12 saam: “Terwyl
ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van
ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop
wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die
Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die
vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug
te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.”
En dit is op grond van Jesus se verduur van die kruis, en sy
verheffing aan die regterkant van die troon van God, dat klein verbondskinders
gedoop word as teken van God se Genade en seën, wat Sy Verbondsvolk van geslag
tot geslag instandhou. Maar let wel,
broers en susters: ‘n kind word nie ‘n verbondskind omdat hy of sy
gedoop is nie, asof die plaas van die water op die kindjie se kop automaties van
hom of haar ‘n verbondskind maak nie. Trouens so ‘n opvatting is niks anders as die
bygelowigheid waarteen die doopsformulier ons duidelik waarsku:
“Die doop is ‘n instelling
van God om aan ons en aan ons kinders sy verbond te verseël.
Daarom moet ons dit vir hierdie doel en nie uit gewoonte of bygelowigheid
gebruik nie.” Dié
bygelowigheid kry ‘n duidelike gestalte wanneer ‘n ouderling of ‘n lidmaat
aandring dat die kind binne die twee of drie weke na sy geboorte gedoop moet
word, anders sou daar groot moeilikheid kon kom, as hy tot sterwe sou kom.
Nee, gemeente: ‘n
kind word nie ‘n verbondskind omdat hy of sy gedoop is nie; ‘n kind word gedoop omdat
hy of sy ‘n verbondskind is.
Dit wil sê: God se Genade en
seën lê op die kind op grond van die geloof wat in die ouers lewe, en waarvan
Jesus die Begin en die Voleinder is, soos ons pas gelees het.
Hierdie kind is alreeds ‘n verbondskind lank voor sy geboorte:
van die oomblik van sy bevrugting af.
Kom ons verduidelik dit aan ons kinders.
Kinders, luister mooi: daar
was ‘n tyd waar jy baie, baie klein was. Jy
was eintlik so klein dat niemand jou kon sien nie, behalwe die Here:
want jy was diep gebêre in jou Mamma se maag, en ‘n mens sou nog ‘n
groot vergrootglas of mikroskoop moes gebruik het om jou daarbinne te
Mag ons nooit vergeet, broers en susters, hoe klein ons
steeds in die oë van die Here is, en hoe groot is Sy Genade teenoor ons, dat
ons ten spyte van ons kleinigheid en ons sondes, tog kinders van Hom genoem kan
word in die Verbond wat deur
Jesus-Christus gesluit is. Mag ons
ook nooit vergeet dat ons doop ook die teken is dat ons hierdie wêreld verlaat
het om ‘n na ‘n ander een te trek. Ons
is dood vir hierdie ou wêreld, en nuutgebore aan ‘n nuwe wêreld, wat
onverganklik is. Dus om die teken
van die doop aan ‘n kind te bedien beteken ook om ‘n teken van dood aan hom
of haar te gee: want die kind is ook in sonde ontvang en gebore en moet
onmidellik die ou wêreld verlaat, die ou vaderland van die dood; hy moet ook
saam met Christus begrawe word, om te kan in die nuwe lewe opstaan.
2.
In Jesus-Christus kry ons
Vaderland ‘n nuwe gestalte: dié
van die Koninkryk.
Maar die prentjie oor die Verbond as die ware vaderland van
die gelowiges, sou nie volledig wees as ek hierby sou ophou nie.
Want in Jesus-Christus kry ons vaderland ‘n nuwe gestalte:
dié van die Koninkryk van God. God
se vaderskap in die Verbond is aan ons op ‘n unieke wyse oorgedra toe Sy eie
Seun op aarde kom leef het, soos ons broer.
Die huisgesin van God het dan ‘n gestalte geneem wat Abraham en Sara,
Isak en Jakob nie direk kon sien nie, soos vers 39 en 40 dit vir ons stel:
“hoewel daar oor hulle almal
vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof
is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die
voleinding sou bereik nie.”
Nou in die Seun van God het ons die Koning gesien wat oor ons vaderland
regeer. Voor Hom het gelowiges so te
sê ‘n permanente verblyfspermit gehad, wat hulle die reg gegee het om in die
nuwe vaderland te bly, maar sonder burgerskap. Hy, die Koning, gee vir ons nog
meer as ‘n permit van permanente verblyf:
hy gee vir ons ‘n volle burgerskap in Sy Koninkryk, met ‘n wettige
paspoort. Dit is nie omdat in
die Nuwe Testament die Verbond skielik verdwyn het, en plek gemaak vir die
Koninkryk nie. Eerder moet ons sê
dat die Verbond met ons God, wat ons identiteit van kinders van God aan ons gee,
nou die grondwet van die Koninkryk geword het.
Die
Verbond het die grondwet van die Koninkryk geword. In hierdie
grondwet staan hierdie sentrale artikel: Jesus-Christus
is die Koning van die Koninkryk, Hy sit aan die regterkant van die troon van
God, en ons, as gelowiges, is die wettige burgers van die Koninkryk, wat
erfgename bly van God se beloftes. Omdat
ons, deur die Gees, weet hoe afhanklik ons is van God die Vader in Jesus
Christus, is ons besonders geseën, want aan ons behoort die koninkryk van die
hemel. So staan dit vas geskryf in die grondwet van die Koninkryk, dit wil sê
in die Nuwe Verbond wat verseël is
deur die bloed van Christus. Ja, ons het ‘n onwankelbare koninkryk ontvang,
soos vers 28 van hoofstuk 12 dit duidelik stel, en daarom moet ons dankbaar
wees. Saam met die Koninkryk wat ons ontvang het, het ons ook ‘n burgerskap
ontvang, maar dit is nie asof alles afgehandel is nie, asof ons pad so glad is
dat ons hier op aarde nooit weer sou rondtrek nie.
Want ons wag “vir die stad wat
vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is”, soos vers 10 dit stel.
Ons verlang ook, soos Abraham, na die hemelse vaderland, terwyl ons weet
dat God vir ons ‘n stad gereed gemaak het.
Maar dit is nie meer asof die
kontoere van hierdie stad vir ons onduidelik is nie.
Inteendeel, ons sien die gestalte van die hemelse stad wat al hoe
duideliker word in ons eie lewe, as gehoorsame kinders aan God se Verbond, wat
besig is om te groei in alle opsigte; in die lewe van
medegelowiges van alle volke en talle, dit wil sê in die universële
Kerk van Christus, en in die vrugte wat die Heilige Gees laat dra in diegene
waarin Hy lewe, soos in ‘n tempel. So
word die hemelse stad van een geslag van verbondskinders na die volgende een, al
hoe meer sigbaar, al hoe duideliker, want die argitek,
ontwerper en bouer daarvan, die Drie-enige God, is aan die werk. Dus, broers en
susters, ons rede om te volhard is des te meer groter, en soveel
kragtiger. “Terwyl
ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van
ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop
wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die
Begin en die Voleinder van die geloof.”