(Eric Kayayan)
Teks
verse: Heb. 4: 9-10: “Daar wag dus nog steeds ‘n sabbatsrus vir die volk van
God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God
van syne”.
Tema: Ons Sabbatsrus is in God se Genade te vinde.
Inleiding:
Die woord “Shalom”, broers en susters, beteken in Hebreeus
“vrede”. Maar hy dui nie ‘n
tipe vrede aan wat bloot na ‘n toestand van skietstilstand verwys nie.
Inteendeel, die woord “Shalom” verwys na die hoogste vorm van vrede
met God: ‘n vrede wat deur versoening met God gekenmerk is. Jesus het mos aan
sy dissipels gesę, in Johannes 14:27: “Vrede
laat ek vir julle na; my vrede gee ek vir julle.
Die vrede wat ek vir julle gee, is nie die soort wat die węreld gee
nie”. So ‘n vrede bring rus.
Rus om te weet dat te midde van enige woelings, die God van Genade altyd
in beheer van ons lewe bly. Rus om
met die sekerheid en geloof te
Dit is presies waar die betekenis van die Sabbat ook
inkom: die Sabbat is bowenal die uitdrukking van die rus wat ons in God se
Genade vind. So ‘n rus word nie
outomaties aan ons geskenk nie: dit is eintlik die vrug van ‘n verlossing,
‘n groot, alomvattende verlossing. In
die Ou Testament word die Sabbat aan ‘n groot verlossingsdaad verbind: die
verlossing van Israel uit ‘n situasie van slawerny in Egipte.
Kyk maar na die vierde gebod in Deuteronomium 5, vers 15: “Jy
moet daaraan dink dat jy in Egipte ‘n slaaf was, en dat die Here jou God jou
deur sy groot krag en met magtige dade daaruit bevry het.
Daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te onderhou.”
Die outeur van die Hebreërsbrief verwys na hierdie bevryding uit Egipte
in ons teksgedeelte (
Die Sabbat, broers en susters, is dus die oorwinning
van die verlossingsrus. Daarom moet
ons nie ‘n fout maak wat –bewustelik of nie- baie mense maak nie:
Die Sabbat en alles wat gepaardgaan –soos ons eredienste-
is nie ‘n bepaling wat uit die kerk voortvloei nie, asof die Kerk vir
ons voorskryf: julle, volk van God, moet elke eerste dag van die week bymekaar
kom om die Here se Naam te aanbid.
Dit is eintlik die teenoorgestelde wat waar is:
die Kerk is die vrug van die Sabbat.
Die Kerk is die verloste gemeenskap van God se volk, wat bymekaar kom om
Sy naam te verheerlik, omdat daar ‘n Sabbat is, ‘n rus wat God deur ‘n
magtige verlossingsdaad vir ons bewerk het.
Ons sabbatsrus is uitsluitlik in God se genade te vinde.
As hierdie Bybelse begrip ernstig opgeneem word, sal miskien baie kerke
(die Gereformeerde Kerke ingesluit) minder ly aan allerhande vorme van
ekklesiosentrisme, dit wil sę aan ‘n vorm van afgodery van die Kerk wat so
min rus aan ons gee: die kerk as ‘n organisasie, die kerk as ‘n
administrasie, soms as ‘n burokrasie.
Die
opdrag van rus
Hierdie teken van God se verlossingsdaad vir ons,
beteken egter nie dat daar in die Sabbat geen opdrag vir ons is nie.
God beveel dat ons moet rus. Kom
ons kyk saam na dié soort rus. Calvyn,
in die Geneevse kategismus, skryf dat die Sabbat aan ons gegee word om
geestelike rus aan te dui. En hy
voeg by: dit beteken dat God kom om sy werk in ons te verrig wanneer ons van ons
eie werke rus. Die vrae en antwoorde
in die kategismus gaan so aan: “Hoe
“Die
ewige Sabbat”
Kom ons praat nou van die ewige Sabbat.
Daar is geen twyfel dat ons teksgedeelte uit Hebreërs 4 van ‘n ewige
Sabbat praat, van ‘n rus wat bedoel is om vir ewig te duur.
God
se rus en ons rus
Ons ewige Sabbatsrus bind ons aan God op ‘n besondere
manier. Hoofsaaklik omdat ons aan sy
beeld geskape is. God het die węreld
in ses dae geskape, en op die sewende dag het hy gerus.
Ons ook word beveel om op die sewende dag te rus.
Daar is ‘n oorenkoms tussen God se rus en ons rus.
Terwyl die 4de gebod in die boek Deuteronomium die aksent op die
verlossingsdaad van God plaas, stel die parallele gedeelte in Exodus 20 die
aksent op God se werk in die skepping: “Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en
alles daarop, die see en alles daarin. Op
die sewende dag het hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag
geheilig”. Hierdie vind ons alreeds in Genesis 2, aan die einde van die
skeppingsverhaal: “Die hemel en alles
daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop.
Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het hy
gerus na al die werk wat hy gedoen het. Hy
het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy
gerus na al die skeppingswerk wat hy gedoen het”.
Hieroor vra die Geneevse kategismus:
“Maar wat word bedoel wanneer die Here ons aanspoor
om sy voorbeeld te volg en ons uitnooi om te rus? -
Nadat hy die skepping van die węreld in ses dae voltooi het, het God die
sewende dag gewy om sy werk te aanskou.
Christus
se sentrale plek in die Sabbat.
In die Ou Testament kon die Sabbat nooit van offers
geskei word nie. Die offers was
tekens van soendood, van versoening met God.
Die brief aan die Hebreërs lę die klem op die finale soendood van die
finale priester, Jesus-Christus, wat alles perfek voltooi het. Wat was mos Jesus
se laaste woorde op die kruis, volgens Johannes?
“Dit is volbring, die werk waarvoor my Vader my gestuur het, is
heeltemaal voltooi”. Met Christus se voltooing van God se werk is ‘n heel
nuwe dimensie aan die Sabbat aangebring. Nou
aanskou ons God se werk nie net in sy skepping nie, maar ook in sy herskepping
deur Christus. Christus het die
sentrale plek in die Sabbat ingeneem, want hy het die groot verlossingsdaad
verrig wat aan ons “shalom” –vrede- en
rus gee. Hy alleen mag sę: “Die
sabbatdag is vir die mens gemaak, en nie die mens vir die sabbatdag nie.
Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat”.
Jesus gee inderdaad ‘n heel nuwe dimensie aan ons belewenis en viering
van die Sabbat, want hy bring ‘n element van voltooing wat in die Ou Testament
nog nie teenwoordig was nie. Daarom sę die outeur van die Hebreërsbrief
duidelik dat Josua, wat die volk in die beloofde land ingebring het, nie die
finale rus vir hulle gegee het nie, sonder om te praat van al die Israelite wat
in die woestyn dood is, as gevolg van hulle gebrek aan geloof.
Christus, hy alleen, voltooi die werk.
En alleen dié wat in Hom ingeënt is,
Volhard
in God se rus
Ons het gesien dat rus in God se Genade wel inspanning
verg: dit is ‘n opdrag aan ons
gegee. Op die ou einde, is dit die
hoofboodskap van ons teksgedeelte: naamlik dat ons nie afvallig moet word nie,
sodat ons in God se rus
Ten
slotte
Die Sabbat, broers en susters, is die deur na en beeld van ons ewige
woning, wat gemaak is uit rus en vrede. Daarom
moet ons vaskleef aan die opdrag wat gepaardgaan: om te volhard in die geloof
van God se beloftes, om nie afvallig te word nie, om van ons bose werke te berou
en afstand van hulle te doen. Miskien
is daar geen ander teks uit die Skrif wat die sug na rus beter uitspreek as die
bekende gedeelte uit Romeine 8, van vers 18 tot vers 25 nie.
Kom ons lees dit saam ten slotte, ook met die doel om die betekenis van
die Sabbatsrus nog dieper te peil, te midde van al die onrus rondom ons, in soms
ook in ons:
“Ek is daarvan oortuig dat die
lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons
in die toekoms sal laat aanbreek nie. Die
skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy
kinders is. Die skepping is immers
nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan
onderwerp het. Daarby het hy die
belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing
aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan
die kinders van God deel sal hę. Ons
weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.
En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die
eerste gawe van God, ons sug ook. Ons
sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het:
hy sal ons van die verganklikheid bevry. Ons
is immers gered, en ons het nou hierdie hoop.
Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie.
Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar
as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.”