Beste mederwerkers en ondersteuners
Glo
u werklik dat om die Evangelie getrou te preek ’n impak, deur die krag van die
Heilige Gees sal hê, op die lewens van die mense wat dit hoor?
Miskien is u - diep binne in
- te midde van swaar ekonomiese omstandighede, moeg om die werk van die Franse
Radiobediening te ondersteun. Miskien is u selfs skepties oor die waarde van so
’n bediening. As dit die geval is,
neem asseblief die tyd om die volgende e-posse te lees wat ek onlangs ontvang
het vanaf
Ons Foi et Vie Réformées uitsendings
is besig om wonders te doen in
Gaan
ds Theophile nie bietjie te ver deur die woord “wonders” te gebruik nie?
Enkele dae nadat ek sy e-pos ontvang het, het ’n ander epos vanaf
Papa pastoor Kayayan
Groete in die naam van ons opgestane Here en Verlosser Jesus-Christus.
Ons rig saam hierdie brief aan u om te getuig dat die Here teenoor ons
goed is, want Hy het ‘n nuwe werk
in ons lewens verrig deur u programme hier in
Hartlike groete in Christus.
Richard K. en Jean Pierre M. in
Onlangs
het ek persoonlik verskeie vrae beantwoord wat luisteraars uit
Ek
skryf aan u as ’n luisteraar van Foi et Vie Réformées wat my gunsteling program op ons plaaslike radiostasie geword het.
Verlede week het ek en my pa die boodskap met die titel “Die Kerk onder die
Kruis” gevolg [dit is ‘n reeks oor die vervolgde Kerk deur die eeue –
E.K.]. Die
inhoud hiervan was ryk en dit lei my om die volgende vraag aan u te stel: die
Bybel verbied om dood te maak. Hoe
U
kan dink dat in ’n land soos die DRK, wat deur ‘n burgeroorlog in sy
oostelike gebied geteister word, en waar die amptelike weermag net soveel
grusaamhede pleeg as die rebelle groepe wat dit probeer bekamp en uitwis, so
’n vraag nie so maklik is om te beantwoord nie.
Die antwoord
Beste vriende, ek wil graag beklemtoon dat u volledig deel is van ’n ketting van medewerkers wat dit moontlik maak vir Foi et Vie Réformées om hierdie luisteraars en vele ander te bereik. Ja, die Evangelie, wanneer dit getrou verkondig word, het ’n diepe impak op die lewens van mense! Hierdie e-posse spreek boekdele in dié opsig! Pastoor Théophile en ekself; die Reformed Radio Administration Committee wat ons werk vanaf Noord-Amerika ondersteun; my plaaslike gemeente hier in Pretoria; ander Gereformeerde gemeentes in Suid Afrika; die klankingenieur wat die programme opneem; my assistent wat die CD’s dupliseer en hulle die hele Afrika in stuur, asook na Frankryk en Quebec in Kanada, is almal skakels in ’n ketting van medewerkers waarvan u ook volledig deel is. Sonder u as noodsaaklike skakel, sal hierdie ketting breek, en die werk van Foi et Vie Réformées eenvoudig gestop moet word. Hierdie ketting van medewerkers is nie deur myself nie, maar deur die Voorsienigheid van die Almagtige God, deur die werking van die Heilige Gees en ter wille van die verkondiging van die Koningskap van die Seun daargestel. Glo u dit werklik?
Saam verenig, in die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is (Judas 1)
Ds
Eric Kayayan