Februarie 2009
Liewe vennote in die sending
Die
jaar 2009 is alreeds ver gevorder en terwyl elkeen van ons met daaglikse
aktiwiteite besig is, mag ons saam met Prediker dink: Watter
voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.
Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy
opkom… Wat was sal weer wees; en
wat gebeur het, dit sal weer gebeur. Daar
is glad niks nuuts onder die son nie... En selfs erger: Ek
het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wêreld gebeur het, het vir my
sleg afgeloop. Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind…Laat
Prediker ons met hierdie ontnugterde uitkyk op die lewe? Ek glo nie so nie, want
hy sluit af soos volg: Dien God en gehoorsaam sy
gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat
gedoen word, en ook wat in geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad. As
ons nou hierdie woorde in die lig van die hele Openbaring lees, weet ons dat om
God se gebooie te onderhou eerstens beteken om na die stem van Sy geliefde Seun
Jesus-Christus te luister wat ons lewens met betekenis vul. Hy alleen, deur die krag van die Heilige Gees
So,
in hierdie opsig , is daar enigiets waarvan ons
As daar op hierdie planeet ‘n groep mense is wat weerloos, arm en blootgestel aan wreedheid en uitbuiting is, glo ek dat die oorblywende Pigmee van Sentraal Afrika hierdie mense is; tot die mate dat eise van volksmoord voor die VN gebring is, om nie eers die gevalle van kannibalisme teen hulle te noem nie (sommige gewapende rebelle groepe in die ooste van die DRK glo dat om hulle vlees te eet magiese kragte inhou…) Verdryf uit hulle tradisionele omgewing (die woud wat aan hulle daaglikse behoeftes voorsien en daagliks verklein as gevolg van oorontginning en die onversadige soeke na minerale bronne), word hulle geforseer om nader aan die dorpe van hulle grote mede Afrikane te bly. Laasgenoemde misbruik hulle as slawe en vergoed hulle feitlik glad nie vir hulle arbeid nie.
So,
liewe vennote in die sending, daar is ‘n nuwe veld vir die bediening van RFL.
Wil u ook deel wees hiervan? Hoor u ook weer opnuut die opdrag van ons Heer
Jesus-Christus aan sy dissipels: Gaan
dan na al die nasies toe en maak die mense
my dissipels: doop hulle in die Naam
van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te
onderhou wat ek julle beveel het ?
Sonder u toegewyde ondersteuning en gebede, sal hierdie nuwe uitreik plus die bestaande aksies, onmoontlik wees om uit te voer. Terwyl ek onlangs besig was om ‘n reeks radio programme vir kinders uit die boek Daniël voor te berei was ek weer geraak toe ek die volgende gedeelte lees (12:2-3): Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting. Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en die wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die stere.
Is dit nie ons gemeenskaplike roeping, as liggaam van Christus, om menigte na die geregtigheid te lei nie? Mag ons eendag skitter met die glans van die hemel self, ja mag ons soos die sterre skitter, vir ewig en ewig, tot eer van ons Drie-enige God.
In Sy naam
Ds.
Eric Kayayan