PREEK OOR II KRONIEKE 20: 1-30
Tema: Die God van die Verbond bewaar Sy volk deur die hele geskiedenis, en lei hulle tot hulle bestemming.
“Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om
hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie.
Ons weet nie om wat te doen nie. Ons
oë is op U gerig.”
Broers en
susters, een van die baie kwelvrae waaroor ‘n mens
Is geskiedenis dan net die groot teater van menslike lewe, die toneel waarop elkeen van ons sy kort verskyning kom maak? En sodra jy op die toneel is, word jy weggestoot uit die toneel uit, asof die natuur vir jou ‘n stukkie vlees net vir oomblik geleen het. Ja, asof die natuur as’t ware hierdie stukkie vlees terugeis om ander menslike liggame daaruit te ontwerp. En so moet elke geslag plek maak vir die volgende een, want daar is nie genoeg plek vir almal op die toneel nie, en ook nie genoeg vlees vir almal nie. Jou lot is dus om ‘n hopie stof te word sodat daaruit die blinde meganika van die natuur in staat sal wees om nuwe organiese lewe op die toneel te bring, in ‘n sinlose en eindelose siklus…
Ja, ons jong mense, wat so maklik dink hulle sal
nooit doodgaan nie, moet maar gaan kyk in ‘n ouetehuis, om daardie proses te
begryp. Besef hulle dit?
Seker nie. Maar nog ‘n
oomblik, en dis hulle beurt om te gaan. En
as hulle nie lus is om in ‘n ouetehuis te gaan kyk nie, laat hulle maar die wêreld
deurreis en daar gaan kyk. Laat
hulle byvoorbeeld Parys toe gaan en kyk in hierdie ondergrondse bedompige gange
wat oop is vir besoekers, die sogenaamde catacombes,
waar een-en-‘n-half-miljoen skedels van Parysenaars van die verlede mooi op
mekaar gerangskik is oor twee of drie kilometers…
Daar in die stille dowwelig lê die geskiedenis van ‘n groot stad oor
‘n paar eeue. Skedels wat lyk asof
hulle vir jou gryns, asof hulle vir jou sê:
“jy is ook een van ons, jou beurt kom nou nou.
Soos enige iemand anders sal jy ook geskiedenis maak…”
Of moet die sin van geskiedenis op ‘n ander plek
gevind word: as jy in ‘n land aan
bewind is, dan moet jy jou weermag goed betaal en sorg dat dissipline onder jou
soldate heers, anders kom ‘n ander een aan bewind en dan moet jy vlug.
Maar leer ons ook nie uit geskiedenisboeke dat selfs die magtigste ryke
tot ‘n einde kom nie? Twee duisend
drie honderd jare gelede het ‘n jong Masedoniër van twintig deur ‘n reeks
militêre oorwinnings ‘n kolossale ryk vir homself gebou, wat van Griekeland
af tot Indië uitgestrek het: sy
naam was Alexander die Grote. Maar
dertien jare na die begin van hierdie fenomenale veldtog, het hy doodgegaan, en
sy ryk is onmiddellik verdeel. Duisend
jare later het ‘n ander man, Karel die Grote, ‘n ryk in Europa gebou.
Maar dertig jare na sy dood is sy ryk ook verdeel.
En nog duisend jare later het ‘n ander man die droom gehad om Karel die
Groot se ryk te herbou en vir eeue te vestig :
sy naam was Napoleon. En die
groot ryk wat hy in vyftien jare gebou het, het ook in ‘n kort tydjie
inmekaargeval. Is die patroon van
die geskiedenis dan dié van herhaalde pogings deur mense om ryke te bou wat
nooit vir ‘n lank tyd bly bestaan nie?
Of is daar miskien deur die eeue ‘n onderliggende
motief wat besig is om te groei, om onvermydelik op die voorgrond te kom, sodat
dit uiteindelik aan die geskiedenis sy ware sin sal gee?
Die motief van demokrasie en menseregte wat, saam met vooruitgang, stadig
maar seker die mense en nasies se lewens begin beheers:
dit sou dan die teken wees dat die mensdom ryp en volmaak geword het…
So het ‘n Amerikaanse denker ‘n paar jare gelede geredeneer, toe die
Berlynse muur geval het. Hy het
gedink, en baie na hom, dat die val van kommunisme ‘n heel nuwe era in die
geskiedenis van die wêreld begin. Hulle
het seker gedink dat wat in Suid Afrika gebeur het, ook krag by hulle argument
sit. Want demokrasie en menseregte
het hier ook oorgeneem, nie waar nie? En
wat dan? Wat gebeur as demokrasie en
menseregte orals oorneem, en as almal met daardie waardes saamstem?
Wel, dan is dit dood eenvoudig die einde van geskiedenis, het hulle gesê,
want daar is nie meer konflikte op aarde nie.
Daar is net vrede en harmonie. “And
they lived happily ever after”. Intussen
het ons twee oorloë in Irak gehad, dié van Bosnië,
die volksmoord in
Broers en susters, ek sou lank kon aangaan met so
‘n eentonige rympie, maar vandag openbaar God vir sy kinders waar die eintlike
sin van geskiedenis lê: in hierdie
teks gee Hy vir ons die sleutel van so ‘n raaisel.
‘n Sleutel wat slegs deur geestelike mense verstaan en gebruik
Die God van die
Verbond bewaar Sy volk deur die hele geskiedenis, en lei hulle tot hulle
bestemming.
Ja, geskiedenis is die tyd waartydens die God van die Verbond Sy volk op ‘n wonderbare manier bewaar en tot sy bestemming lei, te midde van die grootste gevare. Dit, vir ‘n Christen, is die ware sin van geskiedenis, en niks anders nie. En as u hierdie antwoord nie met u hele hart deur die geloof aanvaar nie, broer en suster, dan bly daar niks anders vir u, aan hierdie begin van ons eeu oor, as om te gaan peins vir die res van u dae oor die massagrafte van die twintigste eeu, verstom en sprakeloos van afgryse. Gaan u sprakeloos bly, heeltemal sinies raak? Sal u probeer om ‘n muur van onverskilligheid rondom uself te bou, sodat sekere pynlike vrae u nie te veel pla nie? Of gaan u biddend, smekend op u knieë ‘n antwoord by die God van die Verbond soek?
Indien u die laaste van hierdie keuses beoefen, sal u
nog ‘n paar vrae moet stel: Wie presies bewaar God, hoe doen Hy dit, en vir
watter uiteindelike bestemming? Hoe
bid sy volk vir so ‘n bewaring, en hoe antwoord die volk op so ‘n bewaring?
Kom ons vra hierdie vrae saam, en kom ons probeer as geestelike mense die
antwoorde uit die Skrif kry, onder die leiding van die Gees.
1.
Die gebed vir God se bewaring.
Wie presies bewaar God en hoe vra sy volk vir
bewaring? Broers en susters, Josafat
het geweet dat hy en die volk hierdie keer min
2.
Die manier waarop God so ‘n gebed beantwoord.
Uit die mond van ‘n profeet, Jagasiël, ‘n Leviet uit die nageslag van Asaf. Hierdie detail is nie onbelangrik nie. Asaf was die vader van Heman en Jedutun, wat Dawid vir ‘n besondere diens afgesonder het. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het, sê I Kronieke 25 vir ons. Musiek het by die Tempel ‘n geweldige rol gespeel, nie net vir die kultiese seremonies nie, maar ook in verband met die uitspraak van profesieë. Musikale spel het die uiterlike en innerlike klimaat geskep waarbinne God se wil aan sy woordvoerders die profete op ‘n geheime en wonderbare manier deur Sy Heilige Gees geopenbaar is. Trouens die loop van die gebeure in hierdie dramatiese krisistyd sal soos ‘n groot liturgie ontvou, met sang, harpe, liere en trompette. Asof elke beslissende oomblik te midde van musikale klanke sy plek moet inneem. So wil God Sy antwoord aan die volk gee. Want daardie klanke moet dien as ‘n weerklank van Sy almag en Sy glorie.
En is God se antwoord nie
verbasend nie? “Luister, mense van Juda, inwoners van
Maar net so verbasend is die manier waarop die oorwinning behaal is. Waar is die engel van die Here? Ons hoor wel van hom later in hoofstuk 32 van dieselfde boek, toe Jerusalem deur Sanherib omsingel is: toe het die Here ‘n engel gestuur, wat elke soldaat en leier en offisiere in die kamp van die koning van Assirië doodgemaak het. Maar hier niks van die aard nie: “Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely. Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg”. Miskien het interne twis die koalisie tot selfvernietiging gelei. Miskien was daar so ‘n groot maat van gevoelens van geweld dat hierdie drie groepe nie kon wag totdat hulle hulle gesamentlike vyand ontmoet nie. Ons sal nooit presies weet nie.
Maar wat ‘n geestelike les oor die geskiedenis van die mensdom, broers en susters! Op die ou einde oefen die vyande van God se volk hulle beplande geweld oor hulleself uit, en word deur God so gestraf. En al lyk dit baie keer asof hierdie geweld teenoor God se volk wel slaag (kyk maar na al die vervolging teenoor Christene wat vandag nog aan die gang is, in Soedan byvoorbeeld), uiteindelik bly die Kerk van Christus nog staande, terwyl sy vyande die een na die ander vir altyd verdwyn. Dis hoekom ons vandag hier kan saam sit, saambid en rondom God se Woord mediteer, gemeente: bloot uit die Genade waardeur die Here Sy kerk deur die geskiedenis bewaar het, terwyl die Hitlers en die Stalins van verlede eeu, wat God se volk heeltemaal sou uitgeroei het, as hulle kon dit gedoen het, die een na die ander verdwyn het, nadat hulle mekaar wou uitdelg.
Seker sal u nou vra:
maar wat dan van die gelowige wat God wel aanbid het ten tye van
vervolging en gevare, sonder dat ‘n wonderwerk soos dié waaroor ons vanaand
lees, plaasgevind het nie? Ja,
hierdie vraag is op elkeen van ons se lippe, ons
3.
Die eindbestemming van God se volk.
Dit is niks anders as God se huis. In ons teks was die Tempel Juda se vertrekpunt, dit bly ook sy eindbestemming: “Al die manne van Juda en Jerusalem, met Josafat aan die hoof, is toe met groot blydskap terug Jerusalem toe. Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande. Hulle is terug na Jerusalem, na die huis van die Here toe, met harpe, liere en trompette.” Verder het “Josafat se heerskappy rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.” Josafat, in sy gebed, het gepraat van die land waar hulle gewoon het as ‘n “blywende besitting wat deur God aan hulle gegee is”. En God het hierdie besitting bevestig, deur en na die oorwinning. Maar na Christus het hierdie “blywende besitting” ‘n heel nuwe dimensie aangeneem, net soos God se huis ‘n nuwe dimensie gekry het. Ons eintlike bestemming is ook ‘n beloofde erfenis: die nuwe hemel en die nuwe aarde waarvan die boek Openbaring praat. Die koms daarvan is ook die finale bestemming van die mensdom se hele geskiedenis, nie die ryke wat mense probeer bou en wat die een na die ander uiteenval nie. Daarom moet u, broers en susters, ‘n heel nuwe perspektief kry oor ons huidige geskiedenis, as u môreoggend u koerant lees, of ‘n nuusberig oor die radio hoor. Spurgeon het eenkeer gesê: “Ek lees my koerant om te sien hoe God die wêreld regeer”. In al die dade van u lewe moet u uself beklee met regverdigheid, nederigheid, in gehoorsaamheid aan die Verbond wat Christus met Sy bloed kom sluit het. Gaan neem u plek in die samelewing in, (moet nie laat slaap nie), maar doen dit beklee met gewyde klere, bewapen met geestelike wapens, om te getuig van die reg, van die waarheid, van God se soewereiniteit oor alle dinge en die versoening wat Hy in Christus bewerk het. So sal U, as geestelike mens U profetiese rol in die samelewing vervul, onder die leiding van die Heilige Gees: So sal U verkondig in woord en daad wat die ware sin van die geskiedenis is. Die Gees sal u in staat stel om te wys dat u weet wat u eindbestemming is en waarheen die wêreld op pad is. En dié is nie ‘n klein ding nie broers en susters, veral in ‘n wêreld wat so maklik die indruk skep dat chaos die finale werklikheid is. Maar U weet beter: daarom, maak ook van u lewe ‘n groot liturgie waar musiek u lei om agter Jesus-Christus se vaandel te veg. Hierdie vaandel sal u lei tot die heerlike erfenis wat God vir Sy volk voorberei het. Want ander veg ook vir en met ons. So lees ons in Openbaring, hoofstuk 19:
“Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aangery.
Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.
Uit sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te
tref, en Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer.
Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die
oordeel van God, die Almagtige. Op
sy klere, by sy heupe, was daar ‘n Naam geskrywe:
Die Koning van die konings en die Here van die heersers.”