Februarie
2006
Geagte vriende van “Foi
et Vie Réformées”
Niger
is ‘n land in Wes-Afrika
waarvan min mense kennis van neem, desondanks sy redelike grootte (dit is
tweekeer groter as Frankryk). Met
minder as 12 miljoen inwoners (waarvan 80 % Moslems is) word dit oorskadu deur
sy sterk suidelike buurland, naamlik die oorwegend Engelssprekende Nigerië wat
ryk is in olievoorraad asook onrus.
Niger
haal die nuus gewoonlik wanneer die beroemde Parys-Dakar wedren elke jaar
plaasvind, maar ook soms wanneer rampe die inwoners tref.
Verlede jaar was die ongekende droogte een daarvan en het waarskynlik die
dood van ongeveer agthonderdduisend mense tot gevolg gehad....
In 2005 was
Niger
geklassifiseer as die armste land in die wêreld.
Is
Niger
deur almal vergeet, selfs deur die Skepper Homself ?
Ek het nog nooit ‘n brief uit Niger ontvang nie tot verlede
jaar toe daar wel een opdaag van ‘n luisteraar wat op die grens tussen Niger
en Burkina-Faso woon. Hy sê dat hy
gereeld na uitsendings van “Reformed Faith and Life” (“RFL”)
op Sondagaande en Dinsdagaande luister.
Die Dinsdagaand uitsendings sê hy is die een
wat op SW (kortgolf) deur
FEBA Radio vanaf die eiland Ascension uitgesaai word.
Sedert die aanvang van die samewerking met FEBA Radio drie jaar gelede,
het ons baie briewe van ander mense wat andersins baie moeilik bereikbaar was,
ontvang, veral uit hierdie deel van Afrika.
Selfs meer opspraakwekkend was die verwysing van my luisteraar dat hy
elke Sondagaand na RFL luister. Ek
was nie daarvan bewus dat enige FM stasie in
Niger
RFL uitsaai nie.
Ek het vinnig besef dat so ‘n plaaslike stasie die seine ontvang en
heruitsaai wat via sateliet elke Sondagaand vanaf die Indiese oseaan uitgestuur
word. Daar mag dalk ander plaaslike
stasies in hierdie gebied wees wat ook op satelietuitsending inskakel sonder dat
ek daarvan bewus is. Ek het dit
slegs besef toe my nuwe vriend uit
Niger
dit slegs maar terloops in sy brief genoem het.
In die tussentyd het ek ook nog ander briewe van hom ontvang waarvan een
die volgende ontstellende inligting weergee :
Niger
word oorval met anti-Christelike lektuur wat vanaf ‘n baie aktiewe sentrum
vir Islam propaganda wat in
Durban
gesetel is, gestuur word. My
ontstelde korrespondent het my gevra hoe so ‘n toestand teengewerk
kan
word….
Later in die jaar het ek die geleentheid gehad om meer te wete
te kom oor die geloofsituasie in
Niger
toe ek Noord Amerika besoek het. Daar
het ek ‘n jong pastoor uit Niger ontmoet wat hom daarop toelê om die Woord
van God deur middel van radio in sy moederland te versprei.
Ons het lang gesprekke gehad en hy het gevra om die materiaal wat deur
RFL voorsien word, te gebruik. Dit
blyk dat die nasionale beleid in
Niger
is dat geen Moslem of Christelike radio daar mag opereer nie, dit terwyl
ongeveer sewentig gemeenskapsradios alreeds beide Christelike en Moslem
programme van tyd tot tyd uitsaai. Hy
het ook met kommer aan my genoem dat radikale Moslem elemente wat vanaf die twee
state van Nigerië waar die Shari’a (Moslem Wet) streng toegepas word, ‘n
projek begin het om in die dorpies van Niger op die grens tussen die twee lande
hulle Islamitiese handelsmerke te vestig…
Is
Niger
dan ‘n land deur God vergeet ? Sekerlik
nie, sover as wat dit ons roeping is om die Evangelie daar te verkondig met die
weë wat deur die Heilige Voorsienigheid tot ons beskikking gestel het.
Die Soewereine God het ons Kerk opdrag gegee om Sy Koninkryk tot in die
verste wêrelddele te proklameer. As
deelgenote in hierdie roeping het ek en jy hierdie opdrag ontvang.
Sonder jou konkrete ondersteuning
kan
RFL nie hierdie opdrag na
Niger
of elders uitvoer nie. Baie dankie
vir jou betroubare bystand en deelname.
Ds
Eric Kayayan