Liewe vennote in die sending
Wat is die impak wat radio
uitsendings op mense
Die waarheid is dat baie Christen
omroepers op die lug is, veral op kortgolf (u kan gereeld saans programme
geproduseer en uitgesaai vanuit die VSA hoor). Baie is getrou aan die Openbaring
van die Ware God en ander verdraai willens en wetens die waarheid. Deur op die
lug te wees en te preek vir so baie mense oor lande en selfs kontinente heen is
‘n baie groot verantwoordelikheid: Wanneer Christus terugkeer om die lewende
en dooies te oordeel, sal Hy verantwoording vra van hulle aan wie Hy sy boodskap
toevertrou het waarin Hy en Sy Koningkryk die middelpunt en die fokuspunt is, en
nie die prediker en sy eie idees of gevoelens nie. Hierdie Koninkryk is die
enige universele gesag wat deur die wil van die Vader vooruitbestem is om vir
ewig te regeer.
Hoe kan die Koninkryk en nasionale
politiek bymekaar uitkom? Frankryk het reeds vir ‘n paar weke ‘n nuwe
president en ‘n swaar gelaaide program van sosiale en ekonomiese hervorming is
gereed om af te skop. Sal die doelwitte gestel deur die president en sy span
bereik word? Dit is veel gevra van my om hieroor kommentaar te lewer en my
voorkeure en opinies hier weer te gee. As ‘n Christelike radio omroeper weet
ek een ding: korttermyn hervorming bring korttermyn resultate. Iets baie dieper
is daarenteen nodig om ‘n land in diepte te hervorm en op ‘n nuwe pad te
plaas. Die bewuswording dat ons eie lewens hieronder die ewige lewe as doelwit
het en dat die ewige lewe slegs in Christus en Sy Koninkryk gevind kan word is
van kardinale belang. As hierdie bewuswording (niks meer as ‘n bekering)
plaasvind, begin ons ons kortermyn aksies in ‘n baie anderse manier
visualiseer. Dan begin die kulturele, sosiale en ekonomiese lewe van ‘n land
geleidelik transformeer. Hierdie is nie ‘n mite nie, die geskiedenis van
sommige nasies wat deur die Reformasie in die 16e eeu getransformeer
is, bewys dit. Vandag bly die uitdaging dieselfde. Dit is hoekom Frankryk sowel
as Haïti of Rwanda die veld van proklamasie van die bevrydende Boodskap van
Christus moet bly.
Dit is om hierdie rede dat radio
uitsendings is nodig om soveel mense te bereik as wat God wil toelaat. Wil u
steeds hierdie werk ondersteun ter wille van van God se ewige Koninkryk?
In Sy naam
Ds. Eric Kayayan