Junie 2006

Liewe vriende

Wat maak die radiobediening van Reformed Faith and Life wat u deur u gebede en bydraes ondersteun so belangrik dat u dit moet bly ondersteun? Na alles is baie predikante, pastore en sendelinge self besig, veral op Afrika bodem. Die Christendom versprei so vinnig in Afrika dat dit word bereken dat nie minder as driehonderd gemeenskappe weekliks op die kontinent ontstaan. Nietemin het iemand egter ironies opgemerk dat die Christendom in Afrika soos ‘n rivier is wat 10 myl wyd is, maar slegs 10 duim diep..... Die groeiende aantal e-posse wat ek ontvang van my korrespondente dui daarop dat kerkleiers of self-aangestelde pastore soms net so misleidend of onderdrukkend as heiden priesters of toordokters kan wees. Ek het onlangs ‘n e-pos uit Benin (Wes Afrika) ontvang wat hierdie punt illustreer. My korrespondent was gretig om ’n antwoord te ontvang oor die betekenis van drome wat ons het terwyl ons slaap. Moet ons enige goddelike betekenis hieraan heg? Moet hierdie drome ons aksies bepaal en het dit enige geestelike betekenis? Nadat ek hom na die beste van my vermoë, gebaseer op ‘n Gereformeerde wêrelduitkyk beantwoord het, het ek ‘n antwoord terug ontvang waar die werklike  probleem uitgelig is: die pastore van die Christen gemeenskap waaraan hy behoort forseer die lede om die aard van hulle drome te onthul, selfs daardie drome waaroor hulle skaam voel en nie oor wil praat nie. Enigiets wat onwelvoeglik vir hulle klink (en hulle dring op alle besonderhede aan) is ‘n voorwendsel om die lede onder kerklike disipline te plaas en hulle in die publiek hulle sondes te laat bely!  Die bediening van Reformed Faith and Life, streef daarna om sulke vreemde menings en praktyke, nie slegs deur die radio nie, maar ook deur e-pos korrespondensie te korrigeer deur antwoorde uit die Skrif erken as Kanon, dit is, die Skrif met sy gesag en in sy eenheid en totaliteit te gebruik.            

Nog ‘n uitdaging vir Reformed Faith and Life in Afrika, is om die kanale van kommunikasie wat ons oudio materiaal ontvang met alle radiostasies oop te hou. Politieke en miltêre onmstandighede is so veranderlik dat ‘n samewerking wat oor ‘n lang periode ontwikkel is skielik beëindig kan word as ‘n stasie vernietig word of oorgeneem word deur een of ander militêre groep. In hierdie verband is ek dankbaar dat die personeel sowel as die toerusting van Radio 91 in N’Djamena (hoofstad van Franssprekende Tsjad) gespaar is tydens ‘n onlangse mislukte staatsgreep vanuit die naburige Soedan: tydens die aanval het die personeel tot ons Hemelse Vader gebid, wat hulle genadiglik gespaar het.  

Die onderhoud en verspreiding van Gereformeerde standaarde is ‘n dringende taak, nie slegs op die sendingveld, maar ook tuis waar ander vorms van sinkretisme die bestaan van die Kerk bedreig. Ek word gereeld genooi om kerkdienste in verskeie Gereformeerde gemeentes te lei. Ek kry dan die geleentheid om die werk van Reformed Faith and Life bekend te stel: om die Woord van verlossing deur Christus te verkondig beteken dat dieselfde boodskap tuis en op die sendingveld verkondig moet word. Deur die fondasies tuis te ondermyn sal slegs beteken dat ons die fondasie van die opdrag deur die Lewende Heer aan sy Kerk toevertrou, sal vernietig. Mag al die kerke wat Reformed Faith and Life ondersteun die Woord so koester dat hulle nooit louwarm sal word as dit aan die wêreld geproklameer moet word nie.      

In Christus se diens

Ds. Eric Kayayan