Liewe vennote in die sending
Goeie more liewe broers en susters in Christus! Met
hierdie brief wil ek u vra om te help met dokumente wat sal help om Katolieke en
Moslem broers te evangeliseer (iets oor die tegnieke oor hoe om hulle te
benader) Ek is een van u gereelde luisteraars en sal graag van u dokumente vir
evangelisasie wil ontvang aangesien ek ‘n evangelis is. Mag God u seën. T.M.
Kerk van die Evangeliese Samewerking in Tsjad.
Goeie more Pastoor! Ons is verantwoordelik vir die jeug
van die Evangeliese Kerk van God van Lokassa (Benin) en versoek u vriendelik vir
dokumente om die jeug se geloof te laat groei en versterk. Ons vertrou dat ons
oproep om samewerking u aandag sal geniet. Ontvang ons broederlike groete en mag
die Genade van ons Here Jesus op u en u bediening rus.
Geliefdes in Christus, met hierdie boodskap wil ek graag aan u meedeel dat die eer van God in die Sentraal Afrikaanse Republiek duidelik skyn as gevolg van baie bekerings na aanleiding van u publikasies. U publikasies dien as hulpmiddel vir ons maar tans ondervind ons probleme om dit in die hande te kry as gevolg van ‘n tekort van drukkers maar ook as gevolg van ‘n tekort aan finansies. Dit is waarom ek dit nodig ag om aan u te skryf en u te vra om hulp met betrekking tot Christen publikasies wat sal dien as ‘n bron van seëninge in ons midde; tweedehandse boeke is ook welkom (boeke, kassette, CD’s, video’s en brosjures) Mag God u seën in Christus. Evangelis M.C Bangui, Republiek van Sentraal Afrika.
Die
briewe en e-posse wat ek op ‘n daaglikse basis ontvang gee aan my die unieke
geleentheid om die geografie van Afrika op my groot atlas van die wêreld te
ontdek, aangesien hierdie boodskappe van ‘n groot verskeidenheid lande en
stede af kom. Doen uself ‘n guns en gaan kyk weereens waar is hierdie lande op
‘n wêreldkaart... Na Chad, Benin en die Sentraal Afrikaanse Republiek, het ek
die volgende e-pos van ‘n korrespondent wat in die noorde van Kameroen woon,
ontvang.
Terwyl
die nood vir Bybelse lektuur duidelik is, dui die vrae en kommer wat uitgespreek
word deur my Afrika korrespondente ook op die aard van die geestelike oorlog wat
woed op die kontinent, soos u duidelik kan sien uit die volgende boodskap uit
Benin wat ek per e-pos tydens my afwesigheid ontvang het.
Goeie
more pastoor, mag die Vrede van ons Here op u en u bediening rus. Ek sal graag
wil weet, liewe pastoor of iemand wat van ‘n duiwel besete is gedoop kan word
deur die Heilige Gees? Ook sal ek wil weet of dit ‘n as ‘n teken van
bevryding gesien kan word as ‘n besete persoon in ‘n trans verval, homself
op die grond werp terwyl hy baklei, skreeu en opgooi? Ek versoek u nederig om
aan my dokumentasie oor hierdie teologiese aspekte te voorsien om te help dat ek
vrede in die geloof kan vind. Dankie vir die dokumentasie wat u reeds gestuur
het en ook vir die wat u nog sal stuur. Dink ook asseblief aan dokumentasie oor
die lewe van ‘n jong Christen, oor die huwelik, lewe by die huis (ek is steeds
ongetroud) O.H. Lokossa, Benin.
In
eie reg, hetsy deur radio programme, deur die sending van Gereformeerde
literatuur, deur ons webtuiste wat aan die groei is (www.foi-vie.org.za),
of deur direkte kontak met my luisteraars is dit duidelik dat Reformed Faith en
Life ‘n magtige instrument in Christelike afstandsonderrig is. Ons sending in
die Franssprekende wêreld saam met internasionale Christen uitsaaiers soos
TransWorldRadio of FEBA Radio is uniek. As ‘n kerk, ‘n familie of ‘n
individuele gelowige is u ook uniek in hierdie sending. Na Sy opstanding het
Jesus Christus Sy dissipels belowe dat Hy hulle na die uithoeke van die wêreld
sal stuur om die goeie nuus van Sy universele Koninkryk te versprei en dat Hy
met hulle sal wees tot aan die einde van die tye. U mag ook die vrugte van Sy
belofte geniet; moet asseblief nie dat u entoesiasme en visie taan nie, hou
hierdie bediening lewend deur u gebede en konkrete ondersteuning!
In
Sy naam
Ds.
Eric Kayayan