Ter herdenking van Calvyn se geboorte in 1509 het Foi et Vie Réformées ‘n oudio-visuele aanbieding onlangs vrygestel met die titel: Johannes Calvyn in Konteks, 1509-1564.  Dit is is een uur lank program wat handel oor Calvyn se jeug in Frankryk en hoe hy tot die Reformasie aangesluit het, binne die godsdientige, politieke en kulturele omgewing van Frankryk en Europa destyds.  Die teks (deur ds Eric Kayayan geskryf, aan die hand van betroubare bronne) word deur 2 voorlesers voorgedra. Visuele materiaal en  musiek uit daardie tydperk, asook geografiese kaarte en ‘n chronologiese lyn skets help om daardie konteks fyner te verstaan.

Hierdie DVD is beskikbaar by Foi et Vie Réformées se kantoor  (012-3471312) @ R100 per kopie.